Os mans soos hier op pic sou uitgelag word en gesê word hulle lyk morsig, gat knip julle mop koppe want luise broei'.

Os !Khoi of loop anner dag in //HUI!GAES..Dis nou die KHOIKHOI naam vir Gekaapte stad..Die naam voor Jan van Riebeeck en sy mense al wat Gorinaiqua Khoikhoi se SKAAP, BEES in Kaapstad BOK ge!NARI OF BEROOF het en al wat os nou het om te onthou is 'n kleine weggesteekte naam bordjie in die 'companies garden' in Gekaapte stad, plek wat eintlik rename moet word na die GORINAIQUA GARDENS want Jan van Riebeeck en sy mense niks reg gehad om KHOI land te vat en net goed op te plant.

Maar dis hier waar os die twee wat Jan se mense Coloured sou noem met die KHAIMA /UN OF OPSTAAN hare. Hare van Afrika..Hare wat Kleurling Society nog net niks van dink. Want ek wiet 10 jaar gelede was die unheard of.
'Os mans soos hier op pic sou uitgelag word en gesê word hulle lyk morsig, gat knip julle mop koppe want luise broei'..Isa of mooi in Kleurling Society was net Cape Muslim man met spikey hare en Khoi man especially op Cape flats moes altyd voel hy en sy hare nie goed genoeg maar kyk nou.
En die is wat os mos noem die !NOSA KHAIMA of silent revolution. Ja os mans hoor nog once 'as die fader in is dan kom die kinnis' maar al hoe meer is dit hy wat sê maar as die kinnis my nie kan accept soos ek is, dan soek ek nie dai kinnis.
En wat gebeur met Khoi man wattie meer /aob of anxiety het oor sy hare wat groei na Sores of son, dai man mos ǂkhib of vrede en as hy dit , gat os mos almal vrede het❤️
No comments
Leave a reply
Cart
Cart is empty.