Skip to main content
Munanai
  • Store
  • Shipping
  • Contact
  • Blog

KARE of PRAISES aan jou as iemand wat elke dag kyk na os Khoi oan of kinders en sê laat ek ook bietjie iets doen om hulle te KAIKAI of te leer NAM OF TONG wat hulle //KHOAXA of lekker gat lat voel.

January 31, 2025 at 11:14 am, No comments
IMG_4514.jpeg


Nou ek tsa of voel vir mense wie nie gekaikai of grootgemaak was deur 'n KHOI mama soos my mama van Graaff-Reinet..I mean dai mense hier op Cape flats gat nog dink hulle mors met haar oan of kinders in dag, kom sy uit werk in aand dan is dit aan..Hulle vrete so afgewas mors met my mama se kinders sal hulle nie weer .


Toe die Doberman my suster byt, loop slaan sy arib of honde se tande uit sy bek. Hoe LEKKER het ek as kind gevoel want sy is MY mamma.


Nou in Februarie is #mothertongueDay en nou matter hoeveel geld Afrikaans invest om os Khoi mense te belieg en te laat glo dat Nederlandse woorde is 'n Khoi mama se nam of tong, wiet os tog die woorde wie os !ao of anxiety gee as os dit moet praat voor witmense was nog net meer as 'n stiefma taal as MAMAS NAM OF MOEDERTAAL. 'N stiefma wie mos altyd haar stiefkinders laat voel dat die kinders nie goed genoeg is vir haar.


Maar hier invite Goethe Institute my na hulle mother tongue day in Jozi. Nie omdat hulle wou maar omdat na my post oor hoekom KHOIKHOI, 'n eerste taal van die land anner mense laat comment het oor hoekom nie.


En hier sit ek toe by wat hulle noem 'language speed dating'..So jy leer paar mense paar woorde in jou mamas nam of taal.


En daars die een wit jong man, heel spoggerig want Xhosa, Zulu 'walk in the park' volgens hom. Ek dink toe mmmm..wag net.


Hy kom by my tafel en ek sê hom sê gou die..KHAO GOMAS TSIN !HARAS !NA RA ǂGA..Agteros kom ook in die kraal... Ek sien hoe raak sy tong knope, die clicks kom nie uit, hy raak rooi en sê 'I give up' En daar loop hy weg.


Hoe //KHOAXASE of lekker voel ek toe. I mean my eie MAMAS NAM of moedertaal.


Nou die system wil mossie hê Kleurling moet wiet dat beyond Kleurling identity het os ook WOORDE so oud soos tekening op rotse. Os moetie ook lekker voel soos os fellow Afrikans.


Nou 21st Februarie is dan weer International #Mothertongueday en KARE of PRAISES aan jou as iemand wat elke dag kyk na os Khoi oan of kinders en sê laat ek ook bietjie iets doen om hulle te KAIKAI of te leer NAM OF TONG wat hulle //KHOAXA of lekker gat lat voel.



No comments

Leave a reply







Recent Posts

  • UWC was bv nie create deur boere by Stellenbosch university omdat hulle die Kaapse Cull-HERD wou educate, nee hulle wou die een klas create om die res van os te control.
    28 Feb, 2025
  • AFRIKAANS 100 MILJOEN RAND AAN ONS KHOIKHOI MENSE
    27 Feb, 2025
  • En ek regtig //nau of luister na hom want dis wat bietjie Khoi my leer en ek dink wow Coloured kan eintlik ook mean CULL - HERD.
    26 Feb, 2025
  • Nou die haisis of message wat os Khoi mense nog net kry van die Afrikaans feeste is kyk Hotnot, julle kan kom, maar los net julle Hotnots taal daar buite..
    18 Feb, 2025
  • Nou vandag kan jy nêrens gaan sonder om te hoor Paula, Betty, Stella queen, Beula..Vrou mens name wat in Clora of Coloured working class LGBT communities ge-use word
    9 Feb, 2025
  • Het os ooit Nederland of Germany gegaan en hulle plekke Khoi name gegee
    7 Feb, 2025
  • Geen nasie het hier gekom met rykdom, !KHANASA OF RYKDOM het hulle hier kom kry by os KHOI mense.
    6 Feb, 2025

Cart

Cart is empty.

Created with Mozello - the world's easiest to use website builder.

Create your website or online store with Mozello

Quickly, easily, without programming.

Report abuse Learn more