Wat os dan vandag sien in Palestine is wat die Voor dan 300 jaar gelede aan os Khoi mense gedoen het.

Os !NARI OF ry gister oggend vroeg in bus oppad //HUI!Gaes of wat Jan van Riebeeck se mense genoem het Kaapstad. En hier terwyl die bus dan nou by Belville ry, sê ek my horesab of vriend, hoe ek dan nou eintlik danatsub of kopseer kry want I mean elke 2s ry van bus sien mens dan nou net op bordjie op bordjie ‘VOORTREKKER’...
Nou wie was die Voortrekkers dan. Mense wie Nederland mos hier kom bring het in water taxis en toe die Britse nou Kaap oorvat en in 1834 sê dat om mense van Angola en Malaysia te hou as slawe is ONMENSLIK, hulle toe kwaad dat Nederland wie hulle vaderland is, hulle toe net wegsmyt, toe ruk hulle hulle gatte op en TREK VORENTOE.
NOU hulle sê die Nederlanders wie toe nou reject was deur Nederland, was nog net te bang vir BEESTE en wie was die mense wie in 1510 by Tafelbaai BEESTE GEBRUIK het as wapens teen Portugese. OS KHOI MENSE, en daar sou niks GROOT TREK wies sonder os KHOI mense.
Maar die VOORTREKKERS was genadelose, geweldadige, greedy mense met gewere en orals waar hulle sou trek, sou hulle met GEWELD os Khoi mense vermoor, beroof en os vroue en kinders wat survive gebruik as slawe.
Elke dorpie in Suid Afrika met Nederlandse/Voortrekker naamlik sou dieselfde history het. Wat os dan vandag sien in Palestine is wat die Voor dan 300 jaar gelede aan os Khoi mense gedoen het. Nou as daar even BORDJIES was wat praat oor wie die Voortrekkers eintlik was en dat niks was om te celebrate vir os Khoi mense, was dit anner saak.
Nou sit os met duisende Voortrekker naam bordjies en gehou in KAKAPUSA OF MEMORY LOSS. Dis mossie reg.
No comments
Leave a reply
Cart
Cart is empty.