En eendag toe //nau of hoor Manie Libbok se mense dat os is nou Kleurlinge

Nou iemand vra nog anner dag of ek dan nou wil hê Kleurling identity moet verdwyn.
Ek sê never maar ek sal net likes as Khoi mense net ǂan!na of conscious is dat die Kleurling identity is iets wat groep witmans êrens in 1800's decide het dat dis wat hulle nou Manie Libbok se mense gat noem en klaar.
Hulle nie na Manie se mense gekom en gevra of os nou wil Kleurlinge wil wies. Nooit.. Nou imagine môre moet jy jouself noem 'n perd. Jy was dan nog vandag 'n mens. Hoe dan nou..
Hulle toe nou net decide dat daars no niks meer Inqua van Graaff-Reinet, Attequa van Oudtshoorn, Hessequa van Swellendam en Riversdal, Outeniqua van George, Namaqua van Springbok, Cocoqua van Paarl etc..
En hoekom want hulle wiet mos vir wie Jan en Simon en al sy travante hulle GE!NARI OF BEROOF het om vandag die rykste mense in Afrika te wies en as os nie meer bestaan, gat niemand hulle mos nou sê MAAR KO OF KYK, GESTEELDE GOED IS NOOIT JOU GOED.
Nou 2de April is dit weer Internasionale P.O.E.S dag vir os Khoi mense in Suid Afrika, Namibia, Botswana en orals.
Die dag waar os KHOI mense ǂaiho hoe os gegaan het van BASE TOT BEDELAARS.
Van mense wat vreemdelinge kos gegee en nou moet wag vir Sassa dag om by tye iets in maag te sit.
En as Khoi mens op 2de April, vat af en TANI OF DRA jou P.O.E.S t-shirt.
https://www.sahistory.org.za/article/arrival-jan-van-riebeeck-cape-6-april-1652
#InternationalPOESdag
No comments
Leave a reply
Cart
Cart is empty.