Skip to main content
Munanai
  • Store
  • Shipping
  • Contact
  • Blog

Kinder lê se oan of kinders..

September 17, 2024 at 11:01 am, 1 comment
IMG_2444.jpeg

Os !hoa of praat weer anner dag van Kinder lê in Steinkopf/Noord Kaap..Hier waar in 19de eeu die Boesmanne 32 Nama Khoi oan of kinders vermoor het. Die grootmense wie toe oggend kerk toe was en toe terugkom en sien hulle /aob of bloed orals..En no matter hoe kwaad jy is vir grootmense, om hulle te kry deur hulle kinders te dood..Yoh..jy doen mossie dit.


Maar niks het tog verander..Hulle moor dan nog net nog os Khoi oan of kinders. Die system wie niks doen is dan nou die Boesmanne.


My kaikhois of elder nog verlede jaar gesê hulle is besig met teaterstuk oor Nama Khoi kinders by Kinder lê en ek nog gesê ek sal love om deel te wies van xoa of skryf al is net klein gediggie.

En os sê ook anner dag os Khoi mense kan ook nie net os TSUB of seer loop smyt op Jan se mense se platforms, huil op hulle stages en TV programmes vir hulle om te skommel op os seer en nie recognise dat hulle is cause van TSUB of seer. 

En show oor os oan of kinders by Kinder lê moet dan eintlik net aan os Khoi mense gewys word, niks Jan se mense

Os eie teater wie os laat deal met os trauma. Al verkoop os tickets vir R10. Jan se mense kan development geld gee maar hulle nie net entitled tot os seer.

Maar kyk as paar extra MARIB of geld het en jy wil development van so stuk support want om te xoa of skryf is geld..Inbox my dan support os os skrywers.❤️


https://www.quicket.co.za/fundraisers/208755-khoikhoi-first-nation-language-and-cultural-fund/


1 comment - Kinder lê se oan of kinders..

Susan Meiring - September 17, 2024 at 11:17 am
Dankie Denver vir hierdie inisiatief.

Dit is 'n feit dat ons Khoi skrywers se pad nie finansieël gelyk is nie. Om ons stories te vertel deur ons skrywe is tog so belangrik. Die behoudenis van ons komvandaan moet beskerm word sodat ond generasies verlig kan word.

Kai Gangans aan almal wat hand in die sak steek om die saak te versterk.

Leave a reply







Recent Posts

  • UWC was bv nie create deur boere by Stellenbosch university omdat hulle die Kaapse Cull-HERD wou educate, nee hulle wou die een klas create om die res van os te control.
    28 Feb, 2025
  • AFRIKAANS 100 MILJOEN RAND AAN ONS KHOIKHOI MENSE
    27 Feb, 2025
  • En ek regtig //nau of luister na hom want dis wat bietjie Khoi my leer en ek dink wow Coloured kan eintlik ook mean CULL - HERD.
    26 Feb, 2025
  • Nou die haisis of message wat os Khoi mense nog net kry van die Afrikaans feeste is kyk Hotnot, julle kan kom, maar los net julle Hotnots taal daar buite..
    18 Feb, 2025
  • Nou vandag kan jy nêrens gaan sonder om te hoor Paula, Betty, Stella queen, Beula..Vrou mens name wat in Clora of Coloured working class LGBT communities ge-use word
    9 Feb, 2025
  • Het os ooit Nederland of Germany gegaan en hulle plekke Khoi name gegee
    7 Feb, 2025
  • Geen nasie het hier gekom met rykdom, !KHANASA OF RYKDOM het hulle hier kom kry by os KHOI mense.
    6 Feb, 2025

Cart

Cart is empty.

Created with Mozello - the world's easiest to use website builder.

Create your website or online store with Mozello

Quickly, easily, without programming.

Report abuse Learn more